Mense wat dink hulle het genoeg vir hul aftrede gespaar, besef nie altyd hulle kan tot ‘n derde van hul lewe as afgetredenes deurbring nie. Studies toon ook meer as ‘n derde van Suid-Afrikaners in hul 40’s het nie ‘n behoorlike spaarplan nie en dat ons oor die algemeen heeltemal te min spaar vir ons aftrede.
Tussen uitgawes, skuld en ‘n beperkte salaris word daar dikwels nie voorsiening gemaak vir “eendag” of “wat as” nie. Veral tersiêre studiegelde, huis- en motorlenings en onvoorsiene uitgawes kan ‘n duik in jou begroting maak.
Die afwesigheid van ‘n finansiële plan of spaarstrategie is egter gelykstaande aan ‘n slegte plan vir jou toekoms. Jou finansiële plan moet voortdurend by jou persoonlike behoefte en vereistes aangepas word. Dit moet kyk nou jou inkomste, maar ook na hoe jy jou aftedejare wil derubring.
Vra moet beantwoord word soos: Hoe wil jy eendag aftree? Wil jy steeds werk? Waar gaan jy woon? En hoe beinvloed dit jou finansiële beplanning?
Laat ‘n geakkrediteerde finansiële beplanner jou help om jou behoftes te bepaal, hoeveel jy nodig gaan hê met aftede en hoeveel jy maandeliks moet spaar.
Kontak Ultrafin om jou te help om voorsiening te maak vir jou aftrede.