Renette Zeelie: 018 786 1882 | Charl Oosthuizen: 083 377 1441 | Johan Potgieter: 072 928 5380 admin@ultrafin.co.za

FAQs

Should you need any clarity on our services or terminologies, please do complete a UltraFin FAQ form and we will gladly answer it for you. Send your request via email and we will post it here.

Het u ‘n VRAAG wat u ons graag wil vra? E-pos ons gerus en voltooi die bogenoemde vorm.

Watter verskillende ongeskiktheid versekering kan mens kry, bv. vir beroep, ens.

Twee tipes van ongeskiktheid – permanente ongeskiktheid en tydelike ongeskiktheid. Dit is niks anders as beskerming van jou vermoë om ‘n inkomste te genereer nie en moet heel eerste en saam met die voorsiening vir jou familie hanteer word. Volg selfde benadering as met doodsdekking – delg van uitstaande skuld en lewens kostes vir jouself en jou gesin.

Hoe noodsaaklikheid van korttermynversekering?

Kyk eerder só daarna: as jy nié die nodige versekering het nie en jy beland byvoorbeeld in ‘n motorongeluk of jou huis brand af, sal jy die skade uit jou sak uit moet betaal. Nie net kan dit jou finansieel ruïneer nie, dit kan ook ‘n negatiewe uitwerking op jou beleggings in die geheel hê. Die risiko is net te groot om nie verseker te wees nie.

Wat is die best raad vir ‘n jong person wat nou begin werk om te begin beplan vir die toekoms.
  • Doen deeglike Finansiële Behoefte Ontleding (FNA)
  • Kry ongeskiktheidsdekking eerste in plek en daarna lewensversekering soos omstandighede vereis
  • Stel testament op
  • Begin spaar – belegging en aftreevoorsiening
  • Spaar/belegging behoort 25 – 30% in buitelandse fondse belê word
  • Werk met ‘n begroting
  • Hersien jaarliks finansiële ontleding en testament
Hoe kan mense in sulke ekonomiese tye bespaar sonder om myself te benadeel met lewensversekering ens.
  • Slegs deur middel van ‘n behoorlike Finansiële Behoefte Ontleding (FNA) sal jy weet watter tipe van dekking jy werklik nodig het en hoeveel daarvan.
  • Hersien jaarliks jou finansiële behoeftes/situasie
  • Daar is versekeraars (Min van hulle) wat jou dekking laat groei of verminder oor termyn soos dit nodig mag wees
  • Lewensversekering en ongeskiktheidsdekking bly die goedkoopste vorm van spaar en skep van likiditeit in ‘n boedel.
Ultrafin Logo Large Scale Transparent

UltraFin Hoofkantoor

Renette Zeelie

Tel: 018 786 1882

Fax: 086 617 8136

Email: admin@ultrafin.co.za

Contact Form