Renette Zeelie: 018 786 1882 | Charl Oosthuizen: 083 377 1441 | Johan Potgieter: 072 928 5380 admin@ultrafin.co.za

Die Verskil tussen Goeie en Slegte Skuld

by | Jul 17, 2019 | Blog, Financial Adviser | 0 comments

Die meeste van ons sal een of ander tyd skuld maak. Jy sal miskien skuld aangaan met ’n groot transaksie waarvoor jy nie die kontant het nie, soos ’n huis of motor. Of jy gebruik miskien daagliks jou kredietkaart om kos en ander verbruikersgoedere te koop.

Terwyl goeie skuld die potensiaal het om ‘n persoon se netto waarde te verhoog, word dit algemeen as slegte skuld beskou as jy geld leen om waardeverminderende bates aan te koop. Met ander woorde, as dit nie in waarde sal styg of inkomste oplewer nie, moet jy nie in die skuld gaan om dit te koop nie.

Goeie skuld

Hoewel dit seker moontlik is om totaal sonder skuld te lewe, is dit nie noodwendig so slim nie, en veral nie wanneer ’n mens jonk is nie. Sommige soorte skuld het die eienskap dat dit jou finansiële vermoë ‘n hupstoot kan gee. Die eerste voorbeeld hiervan is studieskuld, mits ’n mens natuurlik jou studies deurkom. Waar iemand nie ‘n keuse het nie, is dit steeds beter om skuld aan te gaan ten einde ‘n kwalifikasie te verwerf, as om glad nie verder te studeer nie. Die kwalifikasie wat ’n mens deur verdere studie bereik, stel jou vir die res van jou lewe in ‘n beter finansiële posisie.

‘n Tweede voorbeeld van goeie skuld is die skuld wat ’n mens aangaan om ‘n bate wat oor tyd in waarde toeneem, aan te skaf. ‘n Woonplek of beleggingseiendom is ‘n goeie voorbeeld van so ‘n bate. Solank as wat rentekoerse konstant bly, sal die maandelikse paaiement op ‘n eiendomsverband ook konstant bly. Weens die impak van inflasie en die feit dat ’n mens se salaris saam met inflasie en werksbevordering styg, is ’n mens geneig om uit jou skuld te ‘groei’. Die huispaaiement wat vandag ‘n baie groot hap uit jou maandelikse inkomste neem, sal waarskynlik oor vier of vyf jaar veel meer bekostigbaar wees. ’n Mens plaas jouself dus in ‘n posisie waar jou skuld met tyd daal terwyl die waarde van die bate wat jy aangekoop het, konstant bly styg. Dit plaas jou toenemend in ‘n beter finansiële posisie as waar jy sonder die bate (en die skuld) sou gewees het.

Goeie skuld is gewoonlik ook die goedkoopste vorm van skuld omdat die bank wat die finansiering verskaf, se risiko beperk word deur die sekuriteit van die bate wat aangekoop word. 

Noodsaaklike skuld

’n Mens het nou nie juis ‘n keuse as dit by die aangaan van noodsaaklike skuld kom nie, alhoewel die omvang daarvan dikwels self bepaal kan word. Die beste voorbeeld is waarskynlik skuld wat aangegaan word by die aankoop van ‘n voertuig. Bitter min mense kan kontant betaal vir ‘n behoorlike voertuig, maar in vandag se tyd is dit tog ‘n noodsaaklikheid. Die nuutste, duurste sportmodel is wel nie noodsaaklik nie, maar ’n mens het tog ‘n betroubare ryding nodig. Die verskil tussen goeie skuld en noodsaaklike skuld is dat die onderliggende waarde van die bate wat aangeskaf word, in die geval van noodsaaklike skuld waarskynlik sal daal. ‘n Voertuig is geneig om sy waarde oor tyd te verloor. 

Slegte skuld

Slegte skuld is daardie skuld wat met gemak en met ‘n bietjie selfdissipline vermy kan word. Dit is skuld wat aangegaan word met die aankoop van luukse, nie noodsaaklike items soos meubels, vakansies, klere en die tipe items wat mense met kredietkaarte en kontantlenings aankoop. Die items wat aangekoop word, is gewoonlik items wat hul waarde vinnig verloor, soos in die geval van klere wat nie ‘n tweedehandse waarde het nie. Omdat die bank wat die finansiering verskaf geen sekuriteit oor die bate het nie, is die rentekoerse geneig om buite verhouding hoog te wees, en die terugbetalingstydperk redelik kort. Dit plaas gevolglik baie druk op ‘n huishouding.

Kredietkaartskuld en korttermynlenings is baie duur en moet ten alle koste vermy word.

Ultrafin Logo Large Scale Transparent

UltraFin Hoofkantoor

Renette Zeelie

Tel: 018 786 1882

Fax: 086 617 8136

Email: admin@ultrafin.co.za

Contact Form