Renette Zeelie: 018 786 1882 | Charl Oosthuizen: 083 377 1441 | Johan Potgieter: 072 928 5380 admin@ultrafin.co.za

Die doel van korttermynversekering is om jou in dieselfde posisie te plaas as wat jy was vóór die verlies.

by | Oct 17, 2016 | Blog, Insurance | 0 comments

Die volgende wenke mag dalk voor die hand liggend wees, maar baie polishouers bly steeds in dieselfde strik trap.

  • Moet nooit jou handsak op die sitplek of op die grond langs jou in ‘n motor laat lê nie. Diewe is altyd op die uitkyk daarvoor en sal jou onverwags betrap.
  • Onthou ook om die inhoud van jou handsak behoorlik te verseker. Daar is nie net ‘n sonbril, beurse en selfoon in jou handsak nie. Wat van jou identiteitsdokument, bestuurderslisensie, huis- en kantoorsleutels, en jou grimering? Dit kan duisende rande kos om te vervang – dikwels baie meer as wat jy verwag en waarvoor jy verseker is.
  • Sorg dat jy voldoende verseker is onder Algemene Alle Risiko vir items wat jy gewoonlik aan of by jou dra en maak seker jy spesifiseer hoë risiko items.
  • As jy te dikwels eis, kan jou versekeraar jou begin ‘straf’. Onthou, as polishouer is dit ook jou verantwoordelikheid om versigtig te wees en op te tree asof jy nie versekering het nie.
  • Wat jou huishoudelike versekering aanbetref, maak seker jy aktiveer jou alarm as jy jou huis verlaat. Maak ook seker jou alarm is in werkende toestand.
  • Wees baie versigtig om ‘n vreemdeling toe te laat om jou motor vir ‘n toetsrit te vat, veral as jy besig is om die motor te verkoop. Dalk sien jy nooit weer jou motor nie.
  • As jy die motor verkoop, moet nooit net ‘n tjek aanvaar en die sleutels oorhandig nie. Maak eers seker die tjek word goedgekeur en die geld is in jou rekening inbetaal voor jy die kar laat gaan.

‘n Versekeraar en polishouer se verhouding is een van wedersydse vertroue en eerlikheid. As jy dus uitgevang word dat jy oneerlik is op enige wyse, sal jou versekeraar jou nie uitbetaal nie en kan jy blootgestel word aan kriminele vervolging.

Wanneer jy jou eis indien, doen dit so spoedig moontlik. In die geval van ‘n inbraak of diefstal, moet jy dit by die polisie aanmeld en ‘n saaknommer kry. Met ‘n selfoon is dit belangrik om die foon te laat swartlys.

Maak ook seker jy lees en verstaan jou polis. Nie alle eise beteken dat jy jou geen-eis bonus gaan verloor en dat jou premie volgende maand verhoog gaan word nie, maar maak seker jy verstaan waar dit wel van toepassing is.

Die doel van korttermynversekering is om jou in dieselfde posisie te plaas as wat jy was vóór die verlies. Binne die terme en voorwaardes van die poliskontrak is dit presies wat jy kan verwag met die eise-skikking indien jy die korrekte versekering gekoop het wat by jou individuele behoeftes pas

Ultrafin Logo Large Scale Transparent

UltraFin Hoofkantoor

Renette Zeelie

Tel: 018 786 1882

Fax: 086 617 8136

Email: admin@ultrafin.co.za

Contact Form