Renette Zeelie: 018 786 1882 | Charl Oosthuizen: 083 377 1441 | Johan Potgieter: 072 928 5380 admin@ultrafin.co.za

 Lewensdekking vir vandag.

by | Sep 27, 2016 | Blog | 0 comments

Hoe weet mens watter lewensdekking jy moet uitneem?  Daar is verskillende soorte en die beste is om na ‘n versekerings makelaar toe te gaan om jou te help daarmee.  Ultrafin het goed opgeleide konsultante met die beste kennis.  Kom besoek ons gerus.

 

Die verskillende lewensdekking is soos volg: 

Hele lewensdekking: 
Hele lewensdekking dek jou lewe tot by afsterwe. Daar is nie ‘n tydperk aangekoppel nie.

Termyn lewensdekking:
Termyn lewensdekking dek jou lewe vir ‘n gekose termyn. Die soort versekering is goedkoper as hele lewensdekking maar onthou indien jy die termyn oorleef dan verval die dekking. Termyn lewensdekking word gewoonlik uitgeneem om jou lewe te dek vir skuld wat jy het vir ‘n spesifieke termyn soos byvoorbeeld ‘n verband op eiendom

Ongeluksdekking:
Ongeluksdekking betaal uit indien jy slegs as gevolg van ‘n ongeluk sterwe. Geen mediese ondersoek of bloedtoetse word vereis vir ongeluksdekking nie. Die dekking is geskik indien jy baie rond ry vir jou werk of ‘n gevaarlike werk beoefen.

Toekomstige lewensdekking:
Jy word nou onderskryf vir toekomstige lewensdekking. Die toekoms lewensdekking beteken dat jy in die toekoms die voordeel kan omskakel na volwaardige lewensdekking. Die voordeel is baie gewild indien jy nog jonk is en nie nou ‘n behoefte aan baie lewensdekking het nie maar jy beoog om wel te trou of om eiendom te koop en wil graag teen daardie tyd jou lewensdekking verhoog met beperkte mediese onderskrywing.

 

Hoekom neem ons lewensversekering uit?

Lewensverskering word uitgeneem om te sorg vir die dag wanneer jy nie meer daar is nie.

 

  1. Ongetroud:
    Indien jy tot sterwe sou kom dan moet daar genoeg geld wees om al jou skuld wat jy het te betaal sowel as vir jou begrafnis, eksekuteursfooie en dalk boedelbelasting. Indien jy testamentêr geld vir jou familie wil nalaat moet jy ook daarvoor voorsiening maak om jou wense te vervul. Indien jy beoog om eendag te trou of jou eie besigheid te begin is dit raadsaam om vroegtydig jou lewensdekking te verhoog. Dit kos relatief goedkoop omdat jy nog jonk is en jy is nou dalk tans nog gesond om lewensdekking te kan kry.
  2. Getroud en jou gade werk:
    By afsterwe moet jy sorg dat jou skuld soos in afdeling 1 genoem is betaal word. Aangesien jou gade werk is dit nie nodig om vir haar te sorg nie maar sy sal dit gewaardeer indien jy vir haar ‘n bedrag nalaat vir al die liefde en bystand wat sy vir jou gegee het.
  3. Getroud en jou gade werk nie:
    By afsterwe moet jy sorg dat jou skuld soos in afdeling 1 genoem is betaal word. Daar moet ook voorsiening gemaak word vir ‘n bepaalde maandelikse inkomste vir jou geliefde gade vir ‘n bepaalde tyd. ‘n Kapitale bedrag moet belê word om ‘n rente inkomste maandeliks te voorsien. Die kapitale bedrag is gewoonlik lewensdekking wat jy moet uitneem en kan slegs bepaal word as daar vir jou ‘n behoefte-ontleding gedoen word.
  4. Getroud met kinders:
    By afsterwe moet jy sorg dat jou skuld soos in afdeling 1 genoem is betaal word. Daar moet ook voorsiening gemaak word vir ‘n bepaalde maandelikse inkomste vir jou geliefde gade (indien sy nie werk nie) en vir jou kinders vir ‘n bepaalde tyd. ‘n Kapitale bedrag moet belê word om ‘n rente inkomste maandeliks te voorsien. Die kapitale bedrag is gewoonlik lewensdekking wat jy moet uitneem en kan slegs bepaal word as daar vir jou ‘n behoefte-ontleding gedoen word.

Al hierdie dinge moet in ag geneem word waneer jy lewensversekering uitneem.  Gelukkig kan dit verander word en opgegradeer word soos jy ouer word en dalk trou en kinders kry.

Die heel belangrikste is net om te begin terwyl jy nog jonk is.  Die versekering is dan goedkoper en jy kan beter tariewe kry weens jou gesondheid.

Ultrafin Logo Large Scale Transparent

UltraFin Hoofkantoor

Renette Zeelie

Tel: 018 786 1882

Fax: 086 617 8136

Email: admin@ultrafin.co.za

Contact Form