Renette Zeelie: 018 786 1882 | Charl Oosthuizen: 083 377 1441 | Johan Potgieter: 072 928 5380 admin@ultrafin.co.za

Watter vrae het u rondom versekering?

by | Aug 20, 2016 | Blog | 0 comments

Ons wil begin met ‘n nuwe velddtog.  Vrae en antwoorde.  Kontak ons gerus met enige vrae en ons sal u terug antwoord.  Daar is soveel mense wat dieselfde vrae het maar almal is altyd bang dat dit dalk ‘n “dom” vraag is.  Geen vraag is dom nie.  Hier is die geleentheid om al hierdie kwessies te beantwoord.
Vir die week het ons solank twee vrae geantwoord.
Watter verskillende ongeskiktheid versekering kan mens kry, bv. vir beroep, ens.

Twee tipes van ongeskiktheid – permanente ongeskiktheid en tydelike ongeskiktheid. Dit is niks anders as beskerming van jou vermoë om ‘n inkomste te genereer nie en moet heel eerste en saam met die voorsiening vir jou familie hanteer word. Volg selfde benadering as met doodsdekking – delg van uitstaande skuld en lewens kostes vir jouself en jou gesin.

Hoe noodsaaklikheid van korttermynversekering?

Kyk eerder só daarna: as jy nié die nodige versekering het nie en jy beland byvoorbeeld in ‘n motorongeluk of jou huis brand af, sal jy die skade uit jou sak uit moet betaal. Nie net kan dit jou finansieel ruïneer nie, dit kan ook ‘n negatiewe uitwerking op jou beleggings in die geheel hê. Die risiko is net te groot om nie verseker te wees nie.

Om jou eie vraag te laat beantwoord doen dit gerus hier. FAQ

 

Ultrafin Logo Large Scale Transparent

UltraFin Hoofkantoor

Renette Zeelie

Tel: 018 786 1882

Fax: 086 617 8136

Email: admin@ultrafin.co.za

Contact Form