Renette Zeelie: 018 786 1882 | Charl Oosthuizen: 083 377 1441 | Johan Potgieter: 072 928 5380 admin@ultrafin.co.za

Korttermyn versekering

by | Oct 23, 2015 | Blog | 0 comments

Korttermynversekering verskaf beskerming vir jou waardevolle besittings en bates vir die dag wat jy ‘n onverwagse verlies of skade ly aan jou besittings.

Wanneer jy die dag onverwagse skade of ‘n verlies ly is dit belangrik dat jy die regte korttermynversekering het wat jou verlies of skade aanspreek soos wat jy sou verwag. Dit sal ‘n baie groot skok vir enige versekerde wees as hy onder die indruk is dat hy voldoende verseker is om uit te vind hy is nie gedek is vir die bate of gebeurlikhede waarvoor hy gedink het hy is verseker nie of om op eisstadium uit te vind dat sy bybetaling is meer as wat die skade is wat hy gely het

Allerisiko-dekking:

Hierdie afdeling dek persoonlike besittings wat jy gewoonlik uit jou huis neem en wat aan jou behoort of aan enige lid van jou huishouding wat by jou bly.

Voertuigversekering:

Jy kan kies tussen verskillende vlakke van dekking nl. omvattende dekking, beperkte dekking of aanspreeklikheid teenoor ander persone.

Gebouedekking:

Hierdie voordeel dek jou huis en buitegeboue. (Buitegeboue sluit motorhuise, bediendekwartiere en stoorkamers in.)

Inhoudversekering:

Hierdie afdeling dek al die persoonlike besittings in jou huis en buitegeboue. Hierdie artikels moet aan jou behoort of aan enige lid van jou huishouding wat by jou bly.

Trapfietsversekering:

Of jy nou fietsry vir die plesier of kompiteerend deelneem, jy kan jou fiets verseker vir wanneer dit in transit is, gekaap word, in ‘n vuur is, gesteel word of gedurende ‘n byeenkoms beskadig word.

Watertuie:

Met watertuieversekering kan jy beskerm word teen diefstal of skade. Jy kan jou motorboot, skiboot, watermotorfiets en toebehore verseker

Ultrafin Logo Large Scale Transparent

UltraFin Hoofkantoor

Renette Zeelie

Tel: 018 786 1882

Fax: 086 617 8136

Email: admin@ultrafin.co.za

Contact Form